Volgende Rondte: Donderdag 4 Desember 2025 Hazendal
Terwyl die wêreld se pro’s seker êrens op TV swaai soos robotte met meer sensors as gevoel, het die Christopher-span weer hul eie Ope gespeel – sonder tegnologie, sonder afrigters… net met trots, sweet en kommentaar wat jou laat wens daar wás ’n mute-knoppie.
Dries was egter op ’n ander planeet. Met ’n skitterende 22 punte het hy die dag gewen én sommer die geelbal-kompetisie ook huis toe gevat. Dit was ’n dokumentêr getitel: “Hoe wen ’n mens stil-stil, sonder drama?”
Andre het ’n puik 19 punte aangeteken – op enige normale dag sou dit die trofee verdien. Maar ongelukkig vir hom het Dries besluit dit is ’n finale, en die res van ons is net bystaanders.... jammer ou grote, volgende keer.
Gerhard het toe rustig die derde plek ingevul – nie heeltemal ’n meteorietinslag nie, maar stewig genoeg om die leaderboard te laat bewe.
Die nearest-to-the-pin kompetisie was ’n ramp sonder oorlewendes. Nie één speler het die green getref nie – nie eers toevallig, nie eers per ongeluk, nie eers met ’n ricochet van ’n boom nie. Die vlag het uiteindelik moeg gelyk van die wag. Daar is gefluister dat die green dalk ge-dodge het.
En dan… Alfie. Die man het meeste gholf gekry vir die dag. Nie almal kan wen nie, maar iemand moet die statistieke vul – en vir daai diens salueer ons hom. Ons praat nie van tellings nie… net van ervaring. Baie, baie ervaring.
Die Leaderboard? Dis kriewelrig soos altyd, soos ’n parlement in verkiesingstyd. Maar een ding is seker: ons is nou diep in die seisoen in, elke hou tel, en iemand gaan spyt wees oor daai drie-putt wat hy “nie eers wil oor praat nie.”
Terwyl Scotty Scheffler die egte Open gewen het in Europa hierdie naweek en gewys het hoe ’n mens met ystervoetwerk en ’n putter soos ’n towenaar die wêreld kan oorrompel, het die Christopher-span hul eie weergawe van The Ope gespeel – sonder ystervoetwerk, sonder towerkuns... maar met hope gees, gelag, en ’n paar houe wat selfs ’n damgans sou laat koes.
Andre Burger het alles gegee – letterlik – toe hy die Longest Drive ingevul het op die merker... net vir sy seun om met ’n glimlag aan te kom en die merk verder te skuif. Gesinsdinamika op sy beste, en foto-bewys bestaan!
Ons het ook vir Calvin van Rooyen verwelkom by sy eerste Ope – welkom, Calvin! Jy het goed gespeel!
Die oggend het met ’n draaibal begin toe een van ons spelers onttrek het. Die strafkomitee was onaangenaam verras – redes was so vaag soos ’n Sondagmiddag krieketkommentor se grappies. Al wat ons weet is dat ’n Alfred Langer-penalty wag, sonder om name te noem…. net ter inligting, namens 'n vriend
Lindy Langner het weer haar teenwoordigheid beklemtoon – nie net met styl nie, maar met strategie. Sy en Dries het ’n karretjie gedeel, en daai rustige rit saam met ’n dame het dalk net gehelp om Dries se fokus te verskerp. Want hy het gewen, sommer met flair: 17 punte én naaste aan die pen op die 15de. Daar was selfs sprake dat hy die Longest Drive sou gevat het op 16, maar toe skuif die gholfbaan se marshal die merker – dalk bang vir nóg ’n Burger seun?
Gerhard het ook naaste aan die pen op 17 geslaan en amper ’gedrie putt – sy voëltjie was baie kort, soos ’n duif met vliegtuigvrees.
En toe kom die pienkbal-kompetisie... wat altyd bietjie sweet en baie spanning bring. Gerhard slaan syne op die 2de weg en Andre bou stadig aan ’n oorwinning – net om sy pienkbal in die dam langs 18 te parkeer soos ’n kajak sonder remme. Ons het hom laas só vinnig na water sien hardloop toe toe hy nie 'n oproep wou mis van Joseph uit Engeland nie.
Maar Lindy – sy loop stil-stil met 12 pienkbalpunte weg en wys die manne hoe dit regtig gedoen word.
Die volgende rondte is op 15 Augustus – ons wag in spanning om te sien of manne soos Stoffel, Rynard of Omri dalk uit die skoonveld gaan spring.
Let wel: Andre Burger het nou die voorloperplek oorgeneem van Theuns Botha op die punteleer. Ja, die puntestelsel bly ’n bietjie soos ’n parlement – soms onverklaarbaar – maar dis nou eenvoudig: jou beste 4 rondtes se gemiddelde tel vir die Kampioenskap.
En met 4 rondtes oor… is dit enigiemand se wedstryd. Selfs joune, Alfred.
Volgende Datums is bevestig:
Vrydag 19 Sep 2025 tbc 9 Gate
Vrydag 10 Okt 2025 tbc 9 Gate
Vrydag 14 Nov 2025 tbc 9 Gate
Wenner van die Pienk Bal was Lindy Langner... Andre sy pienkie op die 18de in die dam geslaan
Hier kom ons weer! Die tweede Christopher Ope Gholfdag het op Vrydag, 14 Maart 2025, by die asemrowende Boschenmeer plaasgevind. Hierdie keer het Omri ons met sy teenwoordigheid vereer – en natuurlik sy gewone klomp grappe en gespot. Die opwinding was tasbaar soos almal reggestaan het om hul merk te maak. Maar voordat die dag regtig kon begin, het drie van die dapperes hulle pienk balle op die heel eerste afslaan verloor. Dit was soos ’n herfsblare wat deur die wind weggedraai word – net sonder die mooiheid. En toe kom die eerste par 3… nie een van die manne het die groen getref nie. Daai “Naaste aan die Pen”-prys was skielik net ’n vae droom.
Die dag het egter sy helde gehad. Theuns het die skare verbaas en bewys dat konsentrasie en pure geluk kan saamspeel met ’n verstommende 19 punte om die oorwinning te steel. Andre, met 15 punte, het die tweede plek gevat en die grootste moed gehad om sy laaste gat te voltooi met sy pienk bal – ’n prestasie waarvoor hy die pienk bal kompetisie gewen het. Justin het die “Naaste aan die Pen”-prys gevat (toe daar uiteindelik wel ’n groen getref is), en Rynard het ’n dryf geslaan wat lank genoeg was om enige een van ons jaloers te maak. (Theuns is weer te ver verby..?) Maar dan was daar Alfie, ons geliefde Mr Consistency, wat soos altyd die meeste gholf gespeel het – al tel dit nie noodwendig in sy guns nie!
Omri het ook nie met leë hande huis toe gegaan nie. Hy het met twee van die drie diere geëindig (’n boete is op sy naam!). Daar is wel steeds effense verwarring oor die puntestelsel, maar die reël is nou eenvoudig: die gemiddelde van jou beste vier rondes sal tel vir die Kampioenskap. Op hierdie stadium sit Theuns stewig bo aan die lys – welverdiend. Rynard, aan die ander kant, het sy voorgee dramaties van 18 na 8 sien sny – ons voel bietjie jammer vir hom, maar soos hulle sê, die lewe is hard. Moet darem sê, as dit so aanhou, gaan ons daai trofee nog lank besing. Sal jy die volgende een waag? 🏌️♂️🤣
Individual Stableford Tellings
Wenner: Theuns Botha (19 Punte)
Justin
Rynard
Wenner van die Pienk Bal was 'n moeilike besluit tussen Theuns en Andre, maar jy moet klaarmak met die bal na 9, daarom die wenner....
Ons heel eerste Christopher Ope Gholfdag het op Vrydag, 22 November 2024, by die pragtige Paarl Gholfklub plaasgevind, en wat ’n dag was dit nie! Die opwinding was tasbaar, met almal gereed om te sien wie die eerste sou wees om hul hande te lê op die gesogte Christopher Ope Trofee.
Die weer was perfek – sonskyn, koel briesies, en net genoeg hitte om die spelers se selfvertroue te toets. Natuurlik was daar die gewone drama: balle in die water, lang drywe wat kort bly, en genoeg gelag om enige bunker-dramas te vergeet.
Die ster van die dag was Rynard, wat met ’n briljante 21 punte koning gekraai het. Gerhard het die "Naaste aan die Pen"-prys op 20 gewen. Theuns het sy merk gelaat op 23 (naaste aan pen) – reguit genoeg vir die pen, hoop hy het die putt gemaak! Gerhard het die "Langste Dryf"-prys (alhoewel ons seker is Theuns sou gewen het... as sy dryf net reguit wou bly). En dan, laastens maar nie die minste nie, het Justin die Pink Bal Kompetisie gewen – beslis ’n storie vir die boeke!
Dit was ’n dag vol pret, geselskap, en bietjie gholf-goed en -kwaad. Ons kan nie wag vir volgende rondte nie – gaan jy jou kans waag vir die trofee? 🏌️♂️⛳
Wenner: Rynard van der Westhuisen (21 Punte)
Theuns
Gerhard
Gerhard
Wenner van die Pienk Bal: Justin
Gedeel: Alfred & Lindy Langner